Baggerwerk

Baggerwerk is die uitgrawe van grond onder water en die vervoer van die grond na die stortingsterrein. Die hoofdoel van baggerwerk is die versamel van grond vir bouwerk (kalk, sand, gruis, ens.), die uitvoer en onderhoud van waterboukundeprojekte in hawens en riviere, en die versamel van erts (tin, mangaan en goud). Baggermasjiene, wat gewoonlik op pontons gemonteer is, suig of grawe die grond op, wat dan met pype of vaartuie na die stortingsterrein vervoer word. Hoewel baggerwerk in enkele gevalle van die wal af deur middel van grypkrane kan geskied, is bagger masjiene gewoonlik op pontons (ʼn soort platboomvaartuig) geplaas. Die drywende eenheid wat uit pontons bestaan, kan uitmekaar gehaal en oor land vervoer word. By groter baggermasjiene bestaan die drywende eenheid uit een groot konstruksie met die nodige kompartemente. Die baggermasjiene word met sleepbote van die een baggerplek na die ander gesleep.

Groot baggermasjiene kan ook op die see vaar met ʼn bemanning wat spesiaal vir die taak opgelei is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search